Afleweringsbeleid

Premium Vleis Aflewering.
Reg Tot By Jou Deur.

JouMaSeVleis bied verkoelde vleis aflewering regoor Gauteng. Bestel premium beesvleis, hoender, varkvleis, lamsvleis en vleis hampers aanlyn en ontvang jou bestelling veilig by jou deur.

Bestel voor 12:00 vir volgende werksdag aflewering
Premium vleis
Verkoelde voertuie
Gauteng aflewering
Aflewering In Kort

Vleis Aflewering In Kort.

Afleweringstye

Aflewerings vind plaas tussen 7:00 en 18:00. Ons lewer Maandag tot Saterdag in die eerste en laaste week van elke maand, en Maandag tot Vrydag in die middelweke.

Bestel Voor 12:00

Bestel voor 12:00 en ons lewer jou bestelling die volgende werksdag verkoel by jou deur af, waar beskikbaar binne ons roetes.

Bevestiging

Jy sal ’n dag voor jou aflewering gekontak word om die geskatte afleweringstyd te bevestig.

Afleweringsfooi

’n Standaard afleweringsfooi van R100 word gehef op alle bestellings onder R4 500.

Verkoelde Vervoer

Alle aflewerings word uitgevoer in verkoelde voertuie deur ons eie vriendelike personeel.

Heraflewering

Indien niemand beskikbaar is om die bestelling te ontvang nie, sal ’n R100 herafleweringsfooi gehef word.

Afleweringsgebiede

Gauteng Streke En Areas.

Afleweringsgebiede sluit in:

Klik om areas te wys of weg te steek

Pretoria En Omgewing

+

Pretoria Noord

Sluit in: Akasia, Amandasig, Annlin, Florauna, Karenpark, Ninapark, Onderstepoort, Pretoria North, Rosslyn, Theresapark, Wolmer.

Pretoria Oos

Sluit in: Brooklyn, Constantia Park, Erasmuskloof, Faerie Glen, Garsfontein, Hatfield, Lynnwood, Menlo Park, Moreleta Park, Newlands, Silver Lakes Estate, Waterkloof, Woodhill.

Pretoria Wes

Sluit in: Atteridgeville, Danville, Elandspoort, Kirkney, Lotus Gardens, Philip Nel Park, Pretoria West, Proclamation Hill, Weskoppies.

Pretoria Sentraal En Moot

Sluit in: Arcadia, Capital Park, Gezina, Pretoria CBD, Queenswood, Rietfontein, Riviera, Sunnyside, Villieria, Waverley.

Centurion — Pretoria Suid

Sluit in: Amberfield, Clubview, Die Hoewes, Eldoraigne, Erasmia, Irene, Lyttelton, Pierre van Ryneveld, Raslouw, Rooihuiskraal, The Reeds, Wierdapark, Zwartkop.

Klik om areas te wys of weg te steek

Johannesburg

+

Johannesburg Noord

Sluit in: Bryanston, Douglasdale, Fourways, Houghton Estate, Linden, Lone Hill, Northcliff, Parkhurst, Parktown, Randburg, Rosebank, Sandton, Sunninghill, Riversands.

Johannesburg Suid

Sluit in: Aspen Hills, Bassonia, Glenvista, Kibler Park, Linmeyer, Mondeor, Mulbarton, Naturena, Ormonde, Ridgeway, Southgate, Turffontein, Winchester Hills.

Johannesburg Oos

Sluit in: Bedfordview, Bruma, Cyrildene, Edenvale, Kensington, Linksfield, Malvern, Modderfontein, Observatory, Orange Grove, Yeoville, Hillbrow.

Johannesburg Wes

Sluit in: Auckland Park, Brixton, Florida, Horison, Melville, Newlands, Quellerina, Roosevelt Park, Sophiatown, Westdene.

Soweto

Sluit in: Chiawelo, Diepkloof, Dobsonville, Jabulani, Meadowlands, Naledi, Orlando East, Orlando West, Pimville, Protea Glen, Zola, Eldorado Park.

Midrand

Sluit in: Barbeque Downs, Blue Hills, Carlswald, Kyalami, Noordwyk, President Park, Randjespark, Sunninghill, Vorna Valley, Waterfall City.

Klik om areas te wys of weg te steek

Oos-Rand

+

Boksburg

Sluit in: Atlasville, Bardene, Bartlett, Beyers Park, Boksburg Central, Boksburg North, Boksburg South, Cinderella, Comet, Dawnpark, Everleigh, Farrar Park, Freeway Park, Groeneweide, Impala Park, Jansen Park, Lilianton, Morganridge, Parkdene, Parkhaven, Parklands, Ravenmoor, Sunward Park, Van Dyk Park, Vosloorus, Witfield.

Kempton Park

Sluit in: Aston Manor, Birch Acres, Birchleigh, Bonaero Park, Edleen, Esther Park, Glen Marais, Isando, Kempton Park CBD, Norkem Park, Pomona, Spartan, Tembisa, Terenure, Van Riebeeck Park, Bredell.

Alberton

Sluit in: Albertsdal, Brackenhurst, Florentia, Mayberry Park, Meyersdal, New Redruth, Randhart, Verwoerdpark.

Benoni

Sluit in: Actonville, Crystal Park, Daveyton, Etwatwa, Farrarmere, Lakefield, Northmead, Rynfield, Western Extension.

Edenvale

Sluit in: Dowerglen, Dunvegan, Edenglen, Elma Park, Greenstone Hill, Highway Gardens, Hurlyvale, Illiondale.

Germiston

Sluit in: Albemarle, Castleview, Dinwiddie, Elsburg, Hazeldene, Katlehong, Lambton, Palm Ridge, Wadeville, Primrose.

Brakpan

Sluit in: Dalpark, Dalview, Geluksdal, Minnebron, Sonneveld, Tsakane.

Springs

Sluit in: Bakerton, Casseldale, Geduld, KwaThema, Petersfield, Pollak Park, Selection Park, Strubenvale.

Klik om areas te wys of weg te steek

Wes-Rand Distrik

+

Krugersdorp

Sluit in: Azaadville, Chancliff, Kagiso, Kenmare, Krugersdorp North, Krugersdorp West, Mindalore, Munsieville, Noordheuwel, Rangeview, Silverfields.

Roodepoort

Sluit in: Constantia Kloof, Discovery, Helderkruin, Honeydew, Horison, Little Falls, Ontario Park, Radiokop, Ruimsig, Strubens Valley, Weltevredenpark, Wilro Park.

Klik om areas te wys of weg te steek

Vaaldriehoek Distrik

+

Vaaldriehoek

Sluit in: Sharpeville, Vanderbijlpark CE, Vanderbijlpark CW, Vanderbijlpark SE, Vanderbijlpark SW, Vereeniging, Henley-on-Klip, Meyerton, Randvaal.

JouMaSeVleis Aflewering

Premium Vleis Afgelewer Regoor Gauteng.

JouMaSeVleis is 'n Afrikaanse aanlyn slaghuis wat premium beesvleis, hoender, varkvleis, lamsvleis en vleis hampers regoor Gauteng aflewer. Ons fokus op maklike aanlyn bestelling, professionele verpakking en verkoelde aflewering sodat jou vleis veilig by jou huis aankom.


Of jy in Pretoria, Johannesburg, die Oos-Rand, die Wes-Rand, Midrand, Centurion, Kempton Park, Benoni, Boksburg, Alberton of die Vaaldriehoek woon, gebruik hierdie blad om te sien of jou area binne ons huidige afleweringsroetes val.

Afleweringsproses

Van Bestelling Tot By Jou Deur.

01

Plaas Jou Bestelling

Kies jou produkte, vleis hamper of Bou Jou Eie Hamper aanlyn. Bestel voor 12:00 vir aflewering die volgende werksdag. Maak seker jou besonderhede en afleweringsadres is korrek.

02

Ons Bevestig En Beplan

Jou bestelling word verwerk en jy sal ’n dag voor jou aflewering gekontak word om die geskatte afleweringstyd te bevestig.

03

Ons Lewer Verkoel Af

Ons eie span lewer jou bestelling verkoel by jou deur af tussen 07:00 en 18:00. Eerste en laaste week: Maandag tot Saterdag. Middelweeks: Maandag tot Vrydag.

Belangrike Reëls

Help Ons Om Jou Aflewering Glad Te Laat Verloop.

Bestel Voor 12:00

Bestel voor 12:00 en ons lewer die volgende werksdag af, waar beskikbaar binne ons afleweringsroetes.

Afleweringsdae

Ons lewer Maandag tot Saterdag in die eerste en laaste week van elke maand af. In die middelweke lewer ons slegs Maandag tot Vrydag af.

Bestellings Na 12:00

Bestellings wat na 12:00 ontvang word, skuif na die volgende beskikbare afleweringsdag volgens ons roetes. Bestellings wat op ’n Vrydag na 12:00 ontvang word, word eers die volgende Dinsdag afgelewer. In week 1 en die laaste week geld dieselfde vir Saterdag na 12:00-bestellings.

Iemand Moet Beskikbaar Wees

Omdat dit verkoelde vleis is, moet iemand beskikbaar wees om die bestelling te ontvang.

Indien Niemand Tuis Is Nie

Indien daar niemand beskikbaar is om die bestelling te ontvang nie, sal die bestelling teruggeneem word na ons perseel. ’n R100 herafleweringsfooi sal gehef word.

Koue Ketting

Sodra jy jou vleis ontvang, moet dit dadelik in die yskas of vrieskas geplaas word.

Roetes Kan Verander

Afleweringsgebiede, roetes en beskikbare dae kan van tyd tot tyd verander.

Gereelde Vrae

Vrae Oor Vleis Aflewering.

Lewer JouMaSeVleis regoor Gauteng af?

Ons lewer binne gestruktureerde Gauteng roetes af, insluitend groot dele van Pretoria, Johannesburg, die Oos-Rand, Wes-Rand, Midrand, Centurion en die Vaaldriehoek soos op hierdie blad aangedui.

Wanneer moet ek bestel vir volgende werksdag aflewering?

Bestel voor 12:00 vir volgende werksdag aflewering, waar beskikbaar binne ons roetes en beskikbare afleweringsdae.

Word die vleis verkoel afgelewer?

Ja. Jou vleis word professioneel verpak en deur ons eie span in verkoelde voertuie afgelewer om die koue ketting te beskerm.

Wat kos aflewering?

Die standaard afleweringsfooi is R100 vir bestellings onder R4 500. Gratis aflewering geld vir bestellings bo R4 500, waar beskikbaar binne ons afleweringsgebiede.

Wat gebeur as niemand beskikbaar is nie?

Omdat dit verkoelde vleis is, moet iemand beskikbaar wees om die bestelling te ontvang. Indien niemand beskikbaar is nie, kan 'n R100 herafleweringsfooi gehef word.

Kan ek my eie vleis hamper saamstel?

Ja. Gebruik ons Bou Jou Eie Hamper funksie om 'n vleispakket volgens jou begroting, proteïenkeuses en gesin se behoeftes saam te stel.

Afleweringsfooi

R100 Onder R4 500.
Gratis Bo R4 500.

’n Standaard afleweringsfooi van R100 word gehef op alle bestellings onder R4 500. Gratis aflewering geld vir bestellings bo R4 500, waar beskikbaar binne ons afleweringsgebiede en roetes.

Gereed Vir Flippen Lekker Vleis?

Bestel premium vleis, kies ’n vleis hamper of bou jou eie hamper aanlyn en ontvang verkoelde aflewering regoor Gauteng.