Oor JouMaSeVleis

Flippen Lekker Vleis.
Sonder Die Gesukkel.

JouMaSeVleis is ’n Afrikaanse aanlyn slaghuis wat dit maklik maak om kwaliteit vleis vir jou huis te bestel. Jy kies aanlyn, ons verpak jou bestelling professioneel, en ons lewer dit verkoel by jou deur af.

Bestel aanlyn
Professioneel verpak
Verkoel afgelewer
Ons Storie

Gebou Vir Gesinne Wat Goeie Vleis Waardeer.

Ons weet hoe belangrik vleis in ’n Suid-Afrikaanse huis is — van ’n vinnige weeksaand-ete tot ’n Saterdagbraai saam met familie en vriende.

JouMaSeVleis is gebou om vleis koop eenvoudiger te maak: goeie produkte, duidelike keuses, eerlike waarde en ’n gerieflike afleweringservaring. Geen onnodige komplikasie nie. Net goeie vleis, reg verpak en reg by jou deur.

Vir weeklikse etes en maandbeplanning.
Vir braai, potjie, oond, pan en airfryer.
Vir families wat gemak en kwaliteit soek.
Hoe Dit Werk

Van Aanlyn Bestelling Tot Jou Vrieskas.

01

Kies Jou Vleis

Blaai deur produkte, maandpakke of bou jou eie hamper volgens jou gesin se behoefte en begroting.

02

Ons Verpak

Jou bestelling word met sorg saamgestel, professioneel geweeg, netjies vakuum verpak en voorberei vir veilige verkoelde aflewering tot by jou deur.

03

Ons Lewer Af

Ons eie span lewer jou bestelling verkoel by jou deur af volgens beskikbare roetes en afleweringsdae.

Gerugsteun Deur Ervaring

Nie Net ’n Webwerf Nie. ’n Regte Operasie.

JouMaSeVleis is deel van ’n gevestigde holdingsgroep met meer as 10 jaar se ervaring in vleisproduksie, verwerking, verpakking, verkoelde logistiek en aflewering. Dit gee jou die gemak van aanlyn bestelling, met die ondersteuning van ’n werklike vleis-operasie agter die skerms.

10+ Jaar Ervaring
22 000+ Suksesvolle Aflewerings
100% Verkoelde Ketting
Waarvoor Ons Staan

Die Fondasie Onder Alles Wat Ons Doen.

Kwaliteit

Ons wil vleis lewer wat ons met vertroue vir ons eie families ook sal koop.

Waarde

Goeie vleis moet sin maak vir die gesin se begroting.

Gemak

Bestel maklik aanlyn, sonder onnodige heen-en-weer of verwarring.

Diens

Ons wil mense help, nie net bestellings verwerk nie.

Geloof

Ons glo besigheid moet met integriteit, eerlikheid en diensbaarheid gedoen word.

Verkoelde Aflewering

Jou Vleis. Vars By Jou Deur.

Ons aflewerings is gestruktureer volgens roetes en beskikbare afleweringsdae. Jou bestelling word verkoel vervoer sodat dit netjies en veilig by jou aankom.

Verkoelde voertuie
Eie afleweringspan
Roetes volgens area
Gratis aflewering bo R4 500

Spreuke 3:5–6

“Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.”

Gereed Vir Flippen Lekker Vleis?

Bestel aanlyn of bou jou eie maandpak volgens jou gesin se behoefte.